⌘K
Description

Kersfees is om die draai! Kom ons knip 'n aand uit, herdenk en vier saam die geboorte van Jesus. Op die aand gaan ons saam ons geliefdes Kersliedere sing en so ook gesinne in nood bystaan. Alle fondse wat ingesamel word sal geskenk word om behoeftige gesinne by te staan. Daarom gaan ons nie net die hart van God beleef nie, maar ook sien op die aand.

Daar is ook kosstalletjies beskikbaar voor, tydens en na die byeenkoms.