⌘K
Description

Kom geniet ’n aand van musiek en ’n unieke storie wat nog nooit vantevore gedeel is, nie deur die bekroonde kunstenaars: Jo Black, Karlien van Jaarsveld, Jak de Priester, Joshua na die Reën en Lucinda Neethling. Ligte verversings is ingesluit.

Verskeie sprekers wie self inwoners was van onder andere Jakaranda Kinderhuis kom deel hul ervarings en lewensverhale. Lerato Child & Youth Care Centre (NWO / NPO 038-527) in Meyerton huisves maksimum 20 kinders ouderdom 6 maande tot 18 jaar. Kinders wie mishandel of verwaarloos word, op straat woon of verlaat is deur hul ouers word in die sorg van Lerato geplaas. As ’n nie-winsgewende organisasie is die voortbestaan van Lerato afhanklik van fondsinsameling en publieke deelnemende aktiwiteite. Ons tekort beloop tans R135 000 per maand.

Wees deel en maak ’n VERSKIL.