⌘K
Ricus Nel se talent en passie vir musiek het oor die afgelope paar jaar van hom ‘n huishoudelike naam in Suid-Afrikaanse musiek gemaak. Vingers wat ewe flink met ‘n pen as met ‘n hele rits musikale instrumente kan toor en sy growwe country-rock stem het dié sanger sommer gou by duisende musiekliefhebbers laat aanklank vind. Hoewel Ricus, voordat hy voltyds tot die musiekbedryf toegetree het, by ‘n platinummyn, ‘n tabak koöperasie en ‘n musiekwinkel gewerk het, was musiek dit wat die sterkste deur sy are gepols het. Read more on LastFM